STRAND-SEEKOSRESTAURANT @ PARYS

Eet soveel jy wil – of kan!

 

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende om ‘n vuur.”

 

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring.

 

STRAND-SEEKOSRESTAURANT @ PARYS

Eet soveel jy wil – of kan!

 

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende om ‘n vuur.”

 

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring.

 

STRAND-SEEKOSRESTAURANT @ PARYS

Eet soveel jy wil – of kan!

 

“Die enigste manier om seekos werklik te geniet, is in oorvloed, sand onder die voete, saam met vriende om ‘n vuur.”

 

De Vette Mossel bied veel meer as bloot perfek-voorbereide seekos – hierdie is ‘n ervaring.

 

ONS UITGANGSPUNT

DIS ‘N ERVARING!

Ons by De Vette Mossel poog om veel meer te bied as bloot ‘n ete – dit is ‘n ervaring, in ongewone en informele omstandighede, waar jy saam met vriende (oues en nuutgevondes) gesellig saam verkeer, waar niemand jou aanjaag nie en waar jy soveel seekos eet as waarvoor jy lus is – net soos ons langs die Weskus maak.

DIE UITSTEKENDE VOORBEREIDING VAN TOP GEHALTE SEEKOS, IN OORVLOED, EN WAARDE VIR GELD, IS ONS ERNS.

 

SKINK ‘N WYNTJIE

Met aankoms verwelkom ons jou met ‘n gratis glas goeie Kaapse wyn. Ons het ook ‘n kontantkroeg met fantastiese ‘beach cocktails’, die beste Kaapse wyne en alle ander bekende drankies.

TROUES & FUNSKIES

Droom van ‘n troue op die strand, al is dit in die Vrystaat? Dit hoef nie ‘n droom te bly nie! Gesels met ons om jou troudag waarlik onvergeetlik te maak – jy is dit werd!
Ons Strand-seekosrestaurant is die perfekte “strand” trou venue, waar liefde, romanse, pret en drome saamkom om ‘n pragtige realiteit te word. By De Vette Mossel waarborg ons jou ‘n unieke strand-see omgewing teen onverbeterlike pryse. Kom hou kaalvoet troue op ons strand waar ‘n onvergeetlike seekos-buffet bedien word.

 FUNKSIES

De Vette Mossel leen hom uitstekend tot jaareind-, spanbou- en ander funksies. Ons kan maklik groot groepe hanteer- die Mossel sal maklik tot 260 gaste kan sit! Die atmosfeer is ook idillies vir verbeeldingryke temas – seerowers, “Beach Party”, Hawaii, “Fun on the Beach”, ens.
Belê in jou belangrikste bate – jou personeel. Hulle is dit werd!

WEER

Hoewel De Vette Mossel gedeeltelik ‘n opelug restaurant is, is alle sitplekke onder afdak en beskerm teen wind en reën. Verder kan die hele restaurant binne minute toegemaak word, sodat dit ten volle operasioneel is selfs in die geval van reën en sterk wind.
En as dit dalk reën – moet net nie kla nie. Dis Afrika en reën is altyd ‘n seëning.

Wie’s Ons? Waar het dit begin?

Vroeg in Desember 2004, het eienaar Niël du Bois en ‘n aantal werkers/vriende met Brolloks, ‘n Chev-lorretjie van 1950, hooggelaai met planke, toue en nette op Mosselbaai opgedaag – om na dekades as joernalis sy vrye gees uit te leef en ‘n seekos-eetplek êrens op ‘n strand oop te maak.

Met die Genade van Bo (en te danke aan ‘n munisipale amptenaar of twee wat die visie van ‘n seekos-eetplek op die strand gedeel het) is die eerste De Vette Mossel staangemaak, die deure spreekwoordelik oopgegooi en die eerste gaste het opgedaag… en opgedaag…en opgedaag…

Te danke aan volgehoue en gewaardeerde ondersteuning van nuutgevonde Mossel-vriende, het De Vette Mossel gegroei en gegroei. Dit was onvermydelik dat die sukses moes oorspoel en in 2012 is die eerste vure van De Vette Mossel Harties in Hartbeespoort aangesteek, in 2013 maak De Vette Mossel Parys oop met sy eie bosvled strand en in 2018 die vierde De Vette Mossel te Hermanus.

By De Vette Mossel Parys sal jou gasheer en vrou, Johan en Karin Visser, jou tone laat omkrul van plesier. Parys was nog altyd hul toevlug weg van die gejaagde stadslewe. Hulle volg nes Niël ook hul droom en het ‘n kleinhoewe by Parys gekoop en sak n pak soontoe getrek. En dit is hier waar hulle ‘n eie stukkie seeparadys het- De Vette Mossel @ Parys.

Die braaiers, skoonmakers en kombuispersoneel is ‘n storie op sy eie. Net werklose mense is aangestel, opgelei en vandag is hulle onlosmaakbaar deel van De Vette Mossel-familie. Sonder hulle is De Vette Mossel nie moontlik nie – daarom dat hulle ook in die winste/vrugte van sukses deel.
Niël self kom kuier gereeld om ook 100% seker te maak dat De Vette Mossel @ Parys identies aan die visie van De Vette Mossel restaurante wat konsep, spyskaart en kwaliteit betref, en sodat mielies nie dalk skielik op die spyskaart verskyn nie!

DE VETTE MOSSEL VISIE

Ons streef om:

N

‘n Onvergeetlike en tradisionele, eg Weskus-ervaring aan alle mense te bied in ‘n lekker, ontspanne en gesellige atmosfeer.

N

‘n Unieke belewenis, eerlike seekos in oorvloed, kwaliteit & waarde vir geld te bied.

N

‘n Positiewe verskil te maak in die lewens van ons werkers en in die gemeenskap waarin ons bedien.

N

Uitnemendheid en passie na te streef in alles wat ons doen.

Mense en kos is ons passie, gaste-tevredenheid ons satisfaksie en wins ons bonus!
Ons doen dit 100% – want jy is dit werd!

AGTER WATTER DUIN?

Ry deur Parys op die R59 na Vredefort. Net buite Parys, draai links by die eerste grondpad (jy sal ons bord daar sien). Volg hierdie grondpad vir 1.2km en jy sal jouself in ‘n stukkie seeparadys bevind.

De Vette Mossel @ Parys is op 9 Pistorius Rust Kleinhoewes, Parys. Tussen disse baljaar die jongklomp- en jonk van gees- op ons “seestrand” of gaan maak lyf nat in ons eie “see”- ‘n lekker plaas swemdam!

Gallery

Disse

Gange

venues

Pryse & Kontak ons

Bel of whatsapp

060 486 7686

De Vette Mossel @ Parys is heeljaar oop!

Elke Saterdagaand en Sondagmiddag, asook meeste Saterdagmiddae

De Vette Mossel bied twee eetsessies per [email protected] ag aan:

Sondag middagsessie: 13:00 – 17:00

Saterdag aandsessie:    19:00 – 23:00

Funksies met meer as 25 mense: Enige dag!

Skoolvakansies: elke dag

Bespreek Nou

De Vette Mossel Parys Booking Form

2 + 7 =

R245

Per Volwassene

R200

Per Hoërskoolkind

R130

Per Laerskoolkind

R0

Voorskools

R250 addisioneel vir ‘n heel Weskuskreef of R180 vir 400g heel garnale,

R45 vir 170g Kalamari steak,

R40 vir Vangs van die Dag

Tariewe is onderhewig aan veranderinge – een keer ‘n jaar op 1 Desember.

(NEEM KENNIS ASB: Goed toegeruste kontantkroeg is beskikbaar! Ons het krediet/debietkaart-geriewe).

Besprekings is noodsaaklik. Eerstens om u teleurstelling te spaar en tweedens om ons in staat te stel om behoorlik vir u voor te berei.

De Vette Mossel behou die reg voor om te kanselleer indien die minimum aantal gaste nie bereik word nie.

Wat ons Kliënte sê

50th Birthday celebrations 
It was the most amazing experience I ever had. The food was absolutely delicious and the prawns was out of this world I just couldn’t stop eating. What a place to bring friends together and we celebrated my friend’s 50th birthday. Most definitely coming back and bringing more friends with

★★★★★

– desiregeldenhuys
Boksburg, South Africa

Scrumptious seafood in an unique setting
We had lunch there the past weekend and it was such an enjoyable experience. The food was prepared on the fires and every course was simply delicious. The only negative is that you are stuffed when done. Brilliant idea and we will be back.
★★★★★

– lindafrompotch

“Holy Moly Seafood !

Greatest hospitality from arrival to departure. Seafood on the beach in Parys
De Vette Mossel is an awesome seafood restaurant in Parys. We were surprised by the massive authentic beach created by the restaurant to set the stage. The seafood was all freshly prepared on open fires. What really had us in awe was the farm style bread, it’s the best bread we have ever had! We had a wonderful day at the beach and can highly recommend it to any seafood lover.

★★★★★

 

– DeonTerBlanche
Parys, South Africa

Fantastic food. Remember to do your booking in advance. Also remember to book your Lobster and prawns as it is an optional extra but a must!

– Hugo Schagen

A really amazing little spot that has some of the best seafood available anywhere in SA. It’s a bring your own booze vibe which is amazing when you think of the amazing food available but is so much more chilled than many of the options on the west coast.

You need to pace yourself but literally everything on offer is absolutely delicious. I can recommend you do lunch and enjoy the sun and swimming.

I’ll go back over and over again.

★★★★★

– Ricky Bynight

Absolutely loved EVERYTHING here! Food was amazing! Will go back 4 sure!

★★★★★

– Dorea Fischer

This place is not just great food and a great and unique atmosphere it is an experience. If you like seafood you will not leave unsatisfied, maybe a little uncomfortable from all that you were able to eat but not unsatisfied.

– Piet Muller
My dad has to be really impressed with a place to say he wants to go there again. He did with De Vette Mossel Parys (he lives in Parys). His grandson took him there for a birthday celebration quite a while back and my dad tells EVERYONE about De Vette Mossel. He cannot stop raving about the place, the food, the people, the atmosphere. Well done you people!!!!!!! My dad is 75. Xoxo!

★★★★★

– Odia Diedericks van Loggerenberg

Langs die Walvisse

HERMANUS

Langs Die Dam

HARTIES, HARTBEESPOORTDAM

Op Die See

GROOTBRAK